Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

Luderitz - Walvisbaai toer - Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie!

Luderitz - Walvisbaai toer - Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie!

Hallo Esther,

Net gou ‘n vinnige paar woorde van dank aan almal wat hierdie toer meegemaak het.

Wat ‘n ongelooflike ervaring was dit nie!  Ek dink ons was regtig ‘n baie lekker groep mense bymekaar en almal het bygedra om dit absoluut onvergeetlik te maak.  

Van enjins wat op dag een geblaas het, wiele wat af en WEER MEER afgeblaas moes word, clutches wat stink gebrand het om uit die sand los te kon kom, kleine Muller wat in almal se harte geklim het met sy glimlaggies en vriendelikheid, Ou Staatmaker Hilux bakkies wat kans sien vir enige obstacle, Steenbrasse wat uitgetrek was (alhoewel sommiges taamlik klein…), sekere petrol monsters wie se petrol NET-NET genoeg was, Duitsers wat BAIE bleek was vir een dag (for you know what, ne Debbie?!), dringende stoppe wat gereeld gedoen moes word om die een of ander Lewerik af te neem, duine wat somtyds oor oor en weer oor gedoen moes word, Boules speel (en stoel-Boules!) in die middel van die woestyn, Brand jou Buddy kaart games wat tot laat aand saam met klein Vuurhoutjie gespeel was, die strelende geluid van jerry kanne wat leeggemaak word in voertuie, onbekende geluide van “outomatiese” daktente wat oop of toe gemaak word, die baie mak vos se kuier in die kamp, sekere Land Cruiser wat op die verkeerdste oomblikke kon uitsny (en Hilux hom moes uittrek…) tot vreeslike groot biere wat op die einde gedrink moes word, het ons omtrent alles moontlik (wat meeste positief is) in die toer beleef!

Net ‘n woord van dank aan Paul en sy span vir hulle baie harde werk om vir ons absolute heerlike kos voor te berei en altyd bereid was om uit hulle pad te gaan om te help om dit vir ons aangenaam te maak.  En dit met bree glimlagte!

Spesiale dankie vir Paul as gids van die toer.  Ek dink nie ons kon vir enige iemand beter gevra het nie.  Sy kennis van die duine, die omgewing en sommer enige ander ding waaraan jy kan dink is ongelooflik.  Sy teenwoordigheid en kalmte, het verseker vir almal gerus gestel. 

Tot volgende keer almal.  Hoop om julle weer in die mees afgelee plekke moontlik raak te loop!

Groete, Stokkies.

As jy wil deel wees van hierdie lewensverrykende ervaring deur die Namibwoestyn kontak ons by [email protected].

Comments