Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

Groen Reis

In die nuwe reeks van Groen, reis hulle ver buite ons landgrense. Gaan saam op ekspedisie na Uganda en Ysland met Kyknet se program Groen Reis - Woensdae om 20:30.

Dave besoek Uganda waar hy kyk na 'n plaaslike mark en die mense daar se noue samelewing met die natuur. Hy vaar ook op die Wit Nyl en ontdek die oorvloed dierelewe en dié, die langste rivier in die wêreld se oewers. Dave verken ook die Kibale woud op soek na sjimpansees en beleef besondere oomblikke met hulle. Wat vir Dave 'n persoonlike hoogtepunt is, is sy soek na Berg-gorillas in die Bwindi Ondeurdringbare Woud.


Ysland is een van die mees onaangeraakte lande in die wêreld. In 'n paar episodes ontdek Dave die eiland met landskappe wat wissel van gletsers na vulkane na lawa-vlaktes bedek met mos - landskappe wat jou asem wegslaan.

  • Dave Pepler in Uganda - Ep 4

    Dave Pepler in Uganda - Ep 4

    "Een van Dave se persoonlike hoogtepunte was om die Berg-gorillas in die Bwindi Ondeurdringbare Reënwoud (Impenetrable Forest) te voet te gaan kyk. Deel hierdie unieke ervaring saam met hom en sien ook ‘n groep vrugtevlermuise wat in ‘n oorhang en grot."

    Kliek hier vir die episode

  • Dave Pepler in Uganda - Ep 1

    Dave Pepler in Uganda - Ep 1

    "Dave in Uganda. In die Kibale Woud is hy te voet op soek na sjimpansees. Stap saam met hom en sien hoe die skaars primaat leef in die woud en hoekom hulle geneties nader verwant is aan ons as wat hulle aan gorillas is."

    Kliek hier vir die episode

  • Dave in Uganda - Ep 3

    Dave in Uganda - Ep 3

    Uganda is baie meer as net dierelewe. Dave besoek hierdie week die Markte in Entebbe.

    Kliek hier vir die episode

  • Dave in Uganda - Ep 2

    Dave in Uganda - Ep 2

    Die Oorsprong van die Nyl: In Uganda se Murchison Falls Nasionale Park vaar Dave stroom-op met die Wit Nyl tot waar dit oor die Murchison Valle stort. Hy verken die uitgestrekte savanna waar die wild nog volop is. Sien olifante en buffels soos wat jy lanklaas die voorreg gehad het in die savanna.

    Kliek hier vir die episode

  • Dave Pepler in Ysland - Ep 5

    Dave Pepler in Ysland - Ep 5

    Dave reis na Ysland, en verken die Suide van die besondere eiland - 'n eiland van sneeu, ys, warmwaterbronne, geysers en die poolvos.

    Kliek hier vir die episode

  • Dave Pepler in Ysland - Ep 6

    Dave Pepler in Ysland - Ep 6

    Dave sit sy reis deur Ysland voort, en staan op die vulkaan wat in 2010 uitgebars en groot ontwrigting in die lugweë van Europa veroorsaak het. Vir 'n video van hierdie uitbarsting kliek hier.

    Kliek hier vir die episode