Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

Elders Namibië

Vir die vierde seisoen van die SAFTA-bekroonde Elders, het Erns Grundling en die kameraspan na Namibië gereis om daar die land van hoek tot kant te deurkruis. Elders word vervaardig deur Bonanza Films en is op kykNET, DStv-kanaal 144, te sien.

  • Elders Namibië - Ep 4

    Elders Namibië - Ep 4

    In episode 4 van Elders: Namibië, reis Erns Grundling saam met die Live The Journey span en gaan verken die magiese Kuiseb Canyon suid van Walvisbaai. Jurgens en Karien Schoeman vergesel Erns in hierdie ongelooflike canyon waarvan min mense weet. Dit is ook die plek waar die twee Duitse geoloë Henno Martin en Hermann Korn tydens die Tweede Wêreldoorlog weggekruip het. Hulle verhaal word vertel in die bekende boek "The Sheltering Desert".

    Kliek hier vir ʼn uittreksel uit die episode

  • Elders Namibië - Ep 5

    Elders Namibië - Ep 5

    In episode 5 van Elders: Namibië stap Erns Grundling en 'n groep stappers die eerste twee dae van die Namib100, wat in totaal vyf dae lank en 100 km ver is in die oudste woestyn op Aarde. Maar eers besoek hulle die besondere Topnaars van die Namib woestyn. Herman Areseb wys vir Erns hoe om die nara voor te berei en eet, en vertel hom bietjie van die geskiedenis van hierdie interessante kultuur. Live The Journey is 'n trotse vennoot van die Topnaars.

     Kliek hier vir ʼn uittreksel uit die episode

  • Elders: Namibië - Ep 6

    Elders: Namibië - Ep 6

    In episode 6 van Elders: Namibië stap Erns Grundling en 'n groep stappers die laaste drie dae van die Namib100, wat in totaal vyf dae lank en 100 km ver is in die oudste woestyn op Aarde. Hulle trotseer wind (iets ongewoon vir die staptog), eet soos konings, kuier heerlik en geniet 'n onvergeetlike avontuur te voet in die Namib.

    Kliek hier vir ʼn uittreksel uit die episode