Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

News

Viewing posts for the category KykNET

Live the Journey by die KykNET Buite Ekspo

Live the Journey by die KykNET Buite Ekspo

Dit is altyd vir ons heerlik om kliënte raak te loop, saam te kuier by funkies of lekker te gesels oor die telefoon.  Live the Journey het onlangs uitgestal by die KykNet Buite Expo en dit het gevoel soos ‘n samekoms van ou vriende by ons stalletjie.   Die atmosfeer het die gevoel van ‘n  Namibwoestyntoer oorgedra … selfs die Kaapse wind het ‘n draai kom maak soos ‘n woestynwind.  Die gidse van Live the Journey in Namibië het entoesiasties meegedoen en vuurgemaak, vleis op die kole gegooi en enige persoon wat in vertwyfeling was oor duinery oorgehaal om saam te toer deur die Namib.  Een van Afrika se grootste avonturiers, Johan Badenhorst van Voetspore, het as gasspreker twee praatjies by die stalletjie aangebied.  Mense was in vervoering oor sy ervaring as Live the Journey toerleier in die Namibwoestyn en Ysland.  Al het jy Johan se praatjie gemis kan jy steed saam toer later in die jaar.  Hy reis na: