Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (5 Julie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Brasilië skep sowat 1 miljoen werksgeleenthede as gevolg van die Wêreldbeker-sokkertoernooi, en Brasilie se algehele ekonomie ontvang meer as $30 biljoen hieruit. In die toerisme-sektor alleen, word dit geskat dat Brasilië $6.7 biljoen in besteding sal kry deur 3,7 miljoen plaaslike en buitelandse toeriste wat die land tydens die geleentheid sal reis. Van die 1 miljoen werkgeleenthede wat deur die Wêreldbeker-toernooi geskep is, is ongeveer 50,000 poste in die toerisme-sektor.

Na veertien jaar van deurlopende onderhandelinge is 'n finansiële ooreenkoms vir die finalisering van Charlie Chaplin se Museum onderteken. Vier van Chaplin se agt kinders het saam gespan om 'n nuwe museum, Chaplin se wêreld, in hul voormalige familie huis te skep. Die gesin se huis, Manoir de Ban, is 'n 18de eeu herehuis, op ‘n 8 hektaar landgoed, in die hart van die Switserse Riviera. Dit was die tuiste vir meer as 25 jaar, waar Chaplin flims gemaak het, boeke geskryf het, musik geskryf het, en tuin gemaak het met sy vierde vrou, Oona en hul kinders. Die Chaplin familie het die landgoed se familie, kulturele en kinematografiese hulpbronne vir die projek beskikbaar gestel, wat 'n beraamde $45 miljoen sal kos en in 2016 sal oop maak.

Die voorgestelde 53km super snelweg beplan vir konstruksie oor die Serengeti Nasionale Park is deur die Oos-Afrikaanse Hof van Justisie onwettig verklaar. "Die uitspraak bevestig dat die kosbare Serengeti ekosisteem 'n waardevolle wêreld erfenis terrein is; en dat dit optimale beskerming verdien van 'n hoë impak ontwikkeling wat kan inmeng met die funksies van die ekosisteem, met nadelige uitwerking op diere en die mensdom,” het die Afrika Network for Animal Welfare gesê in 'n verklaring na aanleiding van die besluit. In 2010 het die organisasie 'n regsgeding geloots teen die skuif en 'n tydelike hof bevel is toegeken terwyl beraadslagings plaasgevind het.

Die Keniaanse Hoë Kommissaris het aangekondig dat Suid-Afrikaanse reisigers wat Kenia wil besoek sal 'n visum nodig kry vanaf 1 September 2014. Gewone visum aansoekers wat reis na of via Kenia sal verwag word om 'n diensfooi van R750 te betaal. Die verwerking tydperk vir die visums is streng vyf werksdae. Die nuwe vereiste is betreur deur lede van die vakbond omdat die vereiste die toerisme bedryf kan benadeel. "Kenia toerisme is reeds onder druk as gevolg van terroriste-aanvalle op burgers in die openbare areas. Die visum vereiste sal ongetwyfeld 'n verdere negatiewe invloed hê wat Kenia nie kan bekostig nie. Die ekonomie en werkskepping maak baie staat op toerisme,” het Allan Eccles van Falcon Africa Safaris gesê.

Die SANParke Infrastruktuur Program gaan meer as R50 miljoen belê op toerisme-infrastruktuur in die Tafelberg Nasionale Park. Die geld sal bestee word aan kritiese toerismebestemmings en poorte in die park, insluitend die Kaap van Goeie Hoop en Boulders, wat hoë besoekersgetalle per jaar bereik het en word beskou as 'n integrale deel van die toerisme-ekonomie in Kaapstad. "Die beleggings in die park sal verseker dat dit 'n bestemming van keuse vir plaaslike en internasionale besoekers vir die komende jare bly," sê Paddy Gordon, parkbestuurder van die Tafelberg Nasionale Park. Besoekers kan uitsien na 'n multi-gebruiker toegangspad en verbeterde dienste in die gebied.


Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.


Comments