Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (28 Junie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Die ‘Traveler’s Choice Awards’ vir Besienswaardighede, word toegeken aan die die gewildste toeriste landmerke in die wêreld.  Die toekennings vereer reis plekke wêreldwyd en hierdie toekennings word gebasseer op miljoene waardevolle resensies en menings van TripAdvisor reisigers.  Onder die Top 10 Wêreld landmerke is; Machu Picchu in Peru, die Taj Mahal in Indië, St Peters Kerk in Italië, Angkor Wat in Kambodja, en Dubrovnik met sy antieke mure. Met nege van die top 25 wêreld landmerke is Europa, het die streek die beste verteenwoordigheid op die lys van landmerke.

Star Alliance passasiers wat deur Heathrow reis kan ‘n splinternuwe reis ervaring verwag, met die opening van die nuwe Terminaal 2, wat ook sal bekend staan as die Koningin se Terminaal.  Dit is die nuwe tuiste van Star Alliance en sal sowat 12 miljoen passasiers elke jaar hanteer. United Airlines sal die eerste lugredery wees wat die nuwe fasiliteit sal gebruik, gevolg deur die ander 22 Star Alliance lugrederye. Sodra al die lugrederye daar operasioneel is, sal  passasiers ‘n baie gladder proses ondervind om aansluitings vlugte te kry met 'n gestandaardiseerde minimum verbindings tyd van net 60 minute.

As deel van die nuwe begroting van die regering van Tanzanië word dit oorweeg om safari vervoer, huurvlugte en park toegangsfooie onderhewig te maak aan die betaling van BTW. Daar word verskeie pogings aangewend om die implementering van hierdie belasting uit te stel, wat tans geimplementeer sal word op 1 Julie 2014. Wanneer hierdie belasting in werking tree, sal dit huidige safari pakkette beinvloed wat reeds bevestig is. Indien al die beplande belasting in werking tree, sal 'n geskatte toename van sowat 7,5% op die koste van ‘n safari pakket gehef word. Vir pakkette wat aparte vliegkaartjies insluit, sal die volle 18% BTW bybetaling van toepassing op die vlug gedeelte wees.

 Suid-Afrika se Lughawensmaatskappy, ACSA, het 'n nuwe lughawe toep vrygestel om passasiers te help navigeer deur enige van die nege lughawens in Suid-Afrika met behulp van hul slimfoon toestelle. Die Groep Bestuurder van kliëntediens, Claudia Ramsden, het gesê een van die belangrikste doelwitte vir ACSA was om tegnologie te gebruik om effektiwiteit te verbeter in die industrie en om vir  passasiers beheer te gee oor hul lughawe ervaring. Die inligting kan kliënte op hoogte hou van vlugskedule veranderings, vertragings, ‘n aanduiding van instap hekke, aanduiding van bagasiebande en weer voorspellings op die lughawe. Die toep verskaf ook lughawe kaarte wat gebruikers toelaat om makliker te navigeer deur die lughawe. Die inligting is beskikbaar vir alle IOS, Android en BlackBerry-gebruikers.

Die gewilde Cellar Door Collection Passport wat proeë, ervarings en kortings by 14 top Suid-Afrikaanse kelders behels, bied nou saam met die Vine Hopper-wyntoermaatskappy in Stellenbosch ook ’n drie-in-een-toerpakket. Dit bied die publiek ’n gerieflike manier om die vrug van die wynstok te ontdek in die vorm van wyn, vonkelwyn en brandewyn. Hierde dagpakket, sluit in minibusvervoer deur Vine Hopper wat gaste by Stellenbosch Toerisme of enige gastehuis in die omtrek oplaai. Die eerste stop is Die Bergkelder, uniek in Suid-Afrika, omdat dit binne Papegaaiberg aan die buitewyke van die dorp gebou is. Geniet daarna by JC Le Roux ’n heerlike paring van vier vonkelwyne en MCC’s (Méthode Cap Classique) met malvalekkers en meringues, gevolg deur middagete by Le Venue-restaurant. Die laaste stop is die bekroonde Van Ryn’s-brandewyndistilleerdery vir ’n keldertoer wat ’n vatmaakdemonstrasie deur vaardige kuipers insluit. Vir meer inligting besoek: www.cellardoorcollection.co.za    

 ONDERHOUD: Geniet pragtige kuns deur bekende asook opkomende Suid-Afrikaanse kunstenaars, by die enigste Kunsgallery in die Breedekloof - die Slanghoek Gallery geleë op die Slanghoek Mountain Resort. Die Slanghoek Gallery het onlangs begin met die Breedekloof Wyn en Kuns Roete en is ook passievol om uit te reik na die gemeenskap met verskeie kreatiewe werkswinkels. Ons gesels meer met gallery bestuurderes en skilder Cone Theron.

Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.

Comments