Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (12 Julie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Die Metropolitan Museum of Art in New York het onlangs ‘n nuwe interaktiewe funksie bekend gestel, wat die Museum se webwerf in 11 tale aanbied. Die funksie: “One Met. Many Worlds.” laat besoekers toe om meer as 500 hoogtepunte uit die Museum se ensiklopediese versameling te verken. Thomas P. Campbell, direkteur en hoof uitvoerende beampte van die Metropolitan Museum het gesê, dit is 'n baanbreker digitale hulpmiddel om die Museum se versameling te ervaar.

In 'n studie van meer as 30 jaar het navorsers bevind dat die verwydering van skulpe van strande kan ekosisteme beskadig en organismes wat staatmaak op skulpe vir hul oorlewing in gevaar stel. Navorsers waarsku toeriste wat 'n skulp vanaf strande optel moet twee keer dink, hul verander dalk die see-omgewing. Die studie het gefokus op 'n stuk kuslyn op Spanje se noordoostelike Middellandse See genoem Llarga Strand, waar die navorsers maandelikse opnames gedoen het van skulp getalle tussen 1978 en 1981. Hulle het bevind dat die seeskulpe het met 60 persent afgeneem terwyl toerisme in die gebied met 300 persent verhoog het.

UNESCO het onlangs die nuutste uitgawes van sy gesogte lys van wêrelderfenisgebiede aangekondig. Die Okavango Delta in Botswana, ’n 2 miljoen hektaar delta tuiste van sommige van die wêreld se mees bedreigde diere, insluitend leeus en wit en swart renosters het ook die lys gehaal. Die Wêreld Erfenisterrein lys het in 1978 begin, en het sedertdien gegroei om sommige van die wêreld se mees ongelooflike plekke in te sluit. Die lys is 'n direkte veldtog deur die Verenigde Nasies om terreine vir toekomstige geslagte te help beskerm, en ook 'n wêreldwye bewustheid rondom die belangrikheid van hierdie gebiede. Tot op datum is daar 1007 plekke van kulturele of fisiese betekenis gelys.

Die Victoria-valle munisipaliteit wil $1 toerisme belasting vir elke besoeker aan die dorp bylas in 'n poging om geld in te samel om die munisipaliteit se skuld af te betaal. Die regering het verlede jaar $4 miljoen vir die munisipaliteit geleen vir die opknapping van infrastruktuur voor die UNWTO se 20ste Algemene Vergadering. Toeroperateurs in Zimbabwe is gekant teen die belasting, en sê dit sal 'n negatiewe invloed op die land se brose toerismebedryf hê.

Die Toeroperateur, City Sightseeing het aangekondig dat hulle twee nuwe toekennings vir hul Johannesburg en Kaapstad toere ontvang het by die jaarlikse City Sightseeing konferensie wat onlangs in Malaga, Spanje plaas gevind het. Johannesburg & Soweto het 'n toekenning vir Beste Nuwe Operateur van die Jaar gekry, terwyl Kaapstad die toekenning vir beste kliëntediens gekry het. City Sightseeing Johannesburg, Soweto en Kaapstad het ook onlangs toekennings gekry as toppresteerders van TripAdvisor vir hulle dienste.

Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.


Comments