Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (19 Julie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Reisigers oppad na die VSA word gewaarsku om hul elektroniese toestelle ten volle te laai of die risiko loop om agter te bly. Die VS Vervoer Sekuriteit Administrasie waarsku dat sekuriteit amptenare vir passasiers gaan vra om hul elektroniese toestelle aan te skakel en die toestelle met pap batterye sal nie aan boord die vliegtuig toegelaat word nie. Die behoefte vir strenger sekuriteit maatreëls kom as gevolg van die nuwe gesofistikeerde bomme, wat owerhede vrees kan ongemerk by lughawens deurgaan. Die lys van lande wat sal verwag word om hierdie nuwe maatreëls te volg is nog nie vrygestel nie. Met Suid-Afrika se direkte vlug na die VSA sal die nuwe maatreëls waarskynlik toegepas word.
Toeriste na Nieu-Seeland mag dalk in die toekoms 'n toets moet doen voordat hulle toegelaat sal word om agter die stuurwiel in te klim op Nieu-Seeland se paaie. Dit is die gevolg van 'n petisie wat aan die Minister van Vervoer gegee is deur 10-jarige Sean Roberts. Sean het bestuur toetse vir buitelanders voorgestel nadat sy pa oorlede is in ‘n ongeluk met 'n besoekende studente motoris. Mede-Minister van Vervoer, Michael Wood, sê strenger maatreëls vir oorsese besoekers sal oorweeg word, alhoewel hulle eers daarop gaan fokus om die paaie veiliger te maak in hoë-ongeluk getalle areas.
Britsh Airways sal oor die volgende paar weke hulle nuwe "geluk kombers” op vlugte toets om passasiers te monitor. Hoewel dit soos 'n normale vliegtuig kombers lyk, is dit toegerus met tegnologie wat jou breingolwe kan lees om te meet hoe gelukkig jy is. Die hoëtegnologie-kombers gebruik neuro-sensors om geluk vlakke te evalueer deur die optiese vesel wat geweef is in die struktuur. Dit verander kleur na rooi - wanneer jy gespanne is en blou - wanneer jy die meeste ontspanne is.

Afrika se oudste geproklameerde natuurreservaat, die Hluhluwe-iMfolozi Wilderness Park, is in gevaar as die Departement van Minerale Hulpbronne besluit om 'n mynbou-lisensie vir Ibutho steenkool te gee. Ibutho steenkool het aansoek gedoen om 'n oop-gat myn binne 70 meter van die grens van die iMfolozi Wilderness Area te begin. Bewaarders glo die geraas, skietwerk, vibrasies en ander newe-effekte van die myn sal 'n ernstige nadelige uitwerking hê op die wêreld-beroemde gebied. Die Wild-en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika het opgemerk dat bykomend tot die effekte op die park se fauna en flora is daar 'n sterk moontlikheid dat die myn sal lei tot 'n toename in stropery in die park, wat een van die digste bevolkings van renosters in die wêreld bevat.

Durban is een van die 21 amptelike finaliste vir die volgende rondte van die Nuwe7Wonders Stede veldtog. Bernard Weber, die stigter-president van Nuwe7Wonders, het gesê in 'n persverklaring dat die diversiteit van die oorblywende stede in die wedloop is merkwaardig in terme van die plaaslike geografie en stedelike kultuur. Ook onder die 21 finaliste is: Barcelona, Doha, Istanbul, Kuala Lumpur, Perth en Reykjavik. Die 7 amptelike Nuwe 7 Wonders Stede sal geopenbaar word op 7 Desember 2014. Om vir Durban te stem besoek die new7wonders.com webwerf.


Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.


Comments