Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (14 Junie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Een van die mees gewildste en  gefotografeerde plekke in San Francisco, Lombardstraat, gaan tydelik gesluit word vir toeriste. Die wêreld se mees gekronkelde straat, sal gesluit word vir vier agtereenvolgende naweke vanaf einde Junie, tydens die besige somer toeriste seisoen. Die sluiting is as gevolg van 'n bestendige stroom klagtes deur plaaslike inwoners wat moeg is vir die verkeer wat veroorsaak word deur nuuskierige toeriste. 'n Gemiddeld van 2000 voertuie reis na hierdie straat elke naweek gedurende daardie periode.

Die Amerikaanse president, Barack Obama, het onlangs aangekondig dat die toegangs-prosedures vir buitelandse reisigers vergemaklik gaan word. Maatreëls om toegang vir reisigers by lughawens te bespoedig sluit stappe in om visum skanderings by die land se 15 grootste lughawens te verminder en die uitbreiding van tegnologie soos die implementering van meer outomatiese paspoort beheer kiosks.  Personeel by lughawens, sal meer doen om die reisiger se ervaring te verbeter, en wag tye te verminder sonder om veiligheid in te boet. Die verbeterde toegangs-prosedures is deel van die Nasionale Reis en Toerisme Strategie om meer as 100 miljoen internasionale besoekers  jaarliks te lok teen die einde van 2021.

Ter viering van die komende 2014 Wêreldbeker-sokkertoernooi in Brasilië, het Lufthansa sy logo verander na 'Fanhansa' op ag van sy vliegtuie. Die eerste ‘Fanhansa’ airbus het van München via Hamburg na Londen gevlieg.  Twee korter afstand vliegtuie en 'n totaal van vyf langafstand-vliegtuie, insluitend die Boeing 747-8, sal ook die 'Fanhansa' logo toon. As vennoot van die Duitse Sokkervereniging, sal “Fanhansa” duisende sokker entoesiaste, media verteenwoordigers, amptenare en die hele Duitse nasionale span vlieg na Brasilië.

Londen se taxi-bestuurders is van plan om die stad se strate te blokkeer om te protesteer oor die "ongelyke speelveld" na die aankoms van Uber Mini-taxis in die Britse hoofstad. Uber is 'n VSA-gebaseerde maatskappy wat mini taxis bedryf in meer as 100 lande regoor die wêreld, insluitende Suid-Afrika. Die maatskappy laat mense toe om 'n toep op hul selfone te gebruik om vas te stel waar die naaste taxi is, en dan kan hulle bespreek met kredietkaart. Die London Gelisensieerde Taxibestuurders Vereniging  wil betoog teen die feit dat Transport for London, Uber Mini-taxis toelaat om te opereer sonder om aan die streng regulasies te voldoen waaraan die Londen swart taxi’s onderhewig is.  Meer as 10,000 swart taxi's sal op 11 Junie saam kom in die strate van Londen.

Die Gautrein-bestuursagentskap het verlede maand aangekondig dat daar 'n toename in die Gautrein tariewe sal wees, sowel as ander veranderinge aan die tariefstruktuur. Die toename sal die lughawe diens laat styg met R10 per rit. Ander veranderinge sluit in 'n glyskaal tarief struktuur wat sal sorg dat “af-tyd” tariewe 30% afslag kry, terwyl die piektye se tariewe meer sal wees. Die daaglikse tarief vir parkering is ook verhoog na R18.

Kaapstad Internasionale Lughawe het R4,7 miljoen spandeer op die opgradering en verskuiwing van die paspoort en grens beheer area by internasionale vertrek. Die gebied het verhuis na 'n permanente plek, nader aan die internasionale duty-free gebied. Dit bestaan ​​uit 14 nuwe toonbanke en 'n outomatiese toustaan ​​stelsel wat geïnstalleer is om te verseker dat bemanning en passasiers apart gehelp word. Deidre Davids, kommunikasiebestuurder van CTIA, het gesê: "Met die nuwe en verbeterde fasiliteit, is immigrasie-beamptes beter daartoe instaat om lughawe-gebruikers duideliker te sien, wat hulle sal help om die profiele van die passasiers te kan opsom."

 Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.


Comments