Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (17 Mei)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Een van Trinidad en Tobago se skaarsste aantreklikhede, die blou liggewende gloed van die Ortoire-rivier in Mayaro op Trinidad se suidoos kus, kom net vir 'n paar dae elke dekade voor. Vir honderde jare het hierdie verskynsel geheim gebly, net bekend aan die dorpenaars wat naby die rivier woon. Hierdie jaar het die vlugtige verskyning honderde besoekers elke nag na die rivier gelok wat die skouspel bewonder het. Tans is die gloed besig om te vervaag. Die gloed word veroorsaak, deur “bioluminescentiese” organismes in die rivier.


Na 68 jaar van voorstelle en besprekings, het die Eerste Minister van Australië, Tony Abbott, aangekondig dat die ontwerp en beplanning vir Sydney se tweede internasionale lughawe onmiddellik sal begin. Konstruksie sal na verwagting in 2016 begin en die eerste vlugte vandaar in die middel 2020’s. Die nuwe lughawe by Badgerys Creek sal ‘n geraamde 2,5 miljard Australiese dollar kos en in 'n semi-landelike distrik sowat 50 km wes van sentrale Sydney wees. Dit word geskat dat die lughawe 50,000 werkgeleenthede sal skep. Die Eerste Minister voel dit is goeie nuus vir die land, vir werk skepping en vir die ekonomie.


TripAdvisor het onlangs aangekondig dat hulle 'n eksklusiewe aanbod gemaak om Lafourchette te verkry. Lafourchette is die voorste aanlyn- en mobiele besprekings platform vir meer as 12 000 restaurante in Frankryk, Spanje en Switserland. Bertrand Jelensperger, uitvoerende hoof van Lafourchette sê: "Hierdie transaksie sal ons toelaat om op TripAdvisor se groot globale platform meer gaste in restaurante te kry en beleggings kapitaal uit te brei na nuwe markte."

Suid-Afrika is een van die lang-afstand bestemmings wat Europese reisiger weg lok, sodat hulle nou nie meer binne die Europese Unie reis nie. Volgens Stephanie Boyle, woordvoerder vir TripAdvisor, kry Europese toeriste beter waarde om na Suid-Afrika te reis, eerder as na naburige bestemmings. Volgens TripAdvisor se ‘TripBarometer’, is die drie mees gesogte reis ervarings wêreldwyd – die see, kultuur en opvoeding en dit kan alles in Suid-Afrika ervaar word. Boyle voeg by dat Suid-AFrika 'n toestroming van reisigers kan verwag vanaf Oostenryk, Duitsland, Switserland, Indië en Frankryk omdat dit op die wenslys is vir reisigers uit hierdie lande.


Kaapstad Toerisme se nuwe innoverende mobiele besoekers Inligting voertuig is verlede week bekendgestel met die naam van Thando, isiXhosa vir liefde. Kaapstad Toerisme se voertuig sal gestasioneer wees by gebeuretenisse, hoë besoeker gebiede en waar ookal hulle reisigers en plaaslike inwoners kan ontmoet om inligting te verskaf. Die voertuig sal beman word deur ingeligte Kaapstad Toerisme beamptes en het 'n ingeboude kantoor om besoekers te help met besprekings by enige lede produkte en SANPark fasiliteite. Besoekers kan ook kaartjies koop vir gebeure en programme via Computicket en Webtickets. Daar sal ook gratis Wi- Fi vir alle besoekers wees, skerms met gedetailleerde kaarte en die amptelike Kaapstad besoekers gids en nuttige brosjures sal beskikbaar wees.

Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.

Comments