Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

Hierdie Maand se “Bucket list” - Hoeveel kan jy al afmerk?

View English Version

Daar is soveel wonderlike dinge in die wêreld om te ervaar en te beleef.  Jy het dalk self ‘n “bucket list” van besondere ervarings wat jy nog wil doen.  Ons deel graag met jou Live the Journey se “bucket lists” … ja, ons het sommer meer as een.  Laat ons jou lys aanvul en jou help om hulle een-vir-een af te merk.

Live the Journey se natuurwonder “bucket list”

1.  Om tussen ‘n gorilla familie in die woude van Uganda of Rwanda te sit.
2.  Die massas wild en hoefslae van die wildebeeste tydens die migrasie in Tanzanië en Kenia
3.  Op die spoor van die laaste woestyn leeus en olifante in die Kaokoland van Namibië.
4.  Die evolusie van die natuur in Madagaskar  … plante, insekte, reptiele en die omgewing.
5.  ‘n Trop gelada bobbejane hoog in die Simienberge in Ethiopië

Comments