Upcoming Tours
Call Us: +27 21 863 6400

RSG Reisnuus - met Johan Rademan (7 Junie)

Elke week skryf Live the Journey die Reisnuus vir Reis Sonder Grense op Saterdae oggende. Lees die volle bulletin hier.

Die Verenigde Koninkryk se grootste lugredery EasyJet gaan poog om papierlose vliegtuie te bedryf. Alle navigasie kaarte en dokumente aanboord gaan deur elektroniese tablette vervang word. Panasonic Touchpads sal in die stuur -kajuit van die hele vloot van 220 vliegtuie gebruik word. Die maatskappy is ‘n leier op die gebied van die gebruik van tegnologie en poog om te bespaar op afval en om hulpbronne meer doeltreffend te gebruik. Met die implementering hiervan word daar verwag om 'n half miljoen dollar te bespaar in brandstofkoste alleen, en ook om koste te verminder van die druk en verspreiding van papier-weergawes van handleidings en dokumente.

'n Sprokie-tema dorp is geskep in Songwol-dong, in Suid-Korea. Dit is gedoen as deel van ‘n projek om vervalle gebiede op te knap en die beeld van die stad te verbeter. Die sprokiesdorp is nou een van die stad se mees gewildste toeristebestemmings. Die dorp verwelkom besoekers met 'n reënboog-tema by die ingang, en is dan verder verdeel in 10 ander temas. Omdat die dorp gewilde karakters uit kinders sprokies soos Sneeuwytjie, Peter Pan, Alice in Wonderland en Bambi het, is dit ‘n groot trekpleister vir gesinne met kinders.

Elke viertrek-entoesias het dit op sy wenslysie  om die Sani-pas te ry. Die minister van omgewingsake, Edna Molewa, rol egter nou ’n klip in die pad. Die KwaZulu-Natalse verkeersdepartement het aangekondig dat sy verlede week die teer van dié pas goedgekeur het. Russell Suchet, eienaar van Drakensberg Adventures, het gister gesê die teer van die pas gaan beslis ’n negatiewe impak op toerisme hê; nie net in KwaZulu-Natal nie, maar ook in Lesotho. Die nuus dat die pas geteer word, is verwelkom deur KwaZulu-Natal se LUR vir vervoer, Willies Mchunu, wat gesê het dit gaan handelsbetrekkinge tussen Suid-Afrika en Lesotho verbeter. Volgens Mchunu gaan die totale koste van die opknapping van die 19 km lange pad R887 miljoen kos. Toeroperateurs en lede van die Underberg-gemeenskap baklei egter al jare teen die voorgestelde teerpad, spesifiek vanweë die toeriste-attraksie wat die pas vir natuurliefhebbers inhou.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens, het 'n nuwe aanlyn in bespreek funksie bekend gestel , naamlik ‘Social Check-in’. Passasiers kan met die nuwe sosiale sitplek selekteerder, hul Facebook besonderhede gebruik om te help kies langs wie hulle wil sit op hul volgende vlug. Daar is dus nou geen verskoning om verveeld te wees nie, aangesien passasiers kan kies om langs enige iemand te sit wat ook gebruik maak van die funksie en hul besonderhede gedeel het. ‘Social Check-In’ is beskikbaar vir vlugte in Suid-Afrika en alle internasionale vlugte.

Die verswakking van die rand die afgelope twee jaar het daartoe bygedra dat buitelandse toeriste na Suid-Afrika stroom. Sterk groei in die toerismebedryf is een van verskeie ekonomiese voordele verbonde aan ’n swakker geldeenheid, hoewel die rand sedert April weer heelwat verstewig het en in reële terme nie veel van die 2001-vlak verskil nie. Toerisme lewer ’n wesenlike bydrae tot die Suid-Afrikaanse ekonomie, veral in terme van werkskepping in bedryfstakke wat relatief ongereguleerd is. Die sektor is verantwoordelik vir meer as die helfte van nuwe werkgeleenthede wat sedert 2010 geskep is. Die regering behoort dus nou beter opleiding te verskaf aan werknemers in die openbare sektor wat nou aan die bedryf verbonde is. Sodoende kan nog meer broodnodige werkgeleenthede geskep word, terwyl waardevolle buitelandse valuta ook verdien word. Hierdie taak lê nou voor die deur van die nuwe Minister van Toerisme, Derek Hanekom.

Hierdie reisnuus is saamgestel deur Live the Journey. Besoek gerus www.livethejourney.co.za of stuur ‘n e-pos na [email protected] om jou volgende lewensverrykende reis te bespreek.

Comments